Modulekode | OFC 570 |
Kwalifikasie | Voorgraads |
Fakulteit | Fakulteit Gesondheidswetenskappe |
Module-inhoud | (a) Chirurgiese anatomie: Toegepaste chirurgiese anatomie. (b) Ondersoek, verdowing, nood: Ondersoek van ’n chirurgiese pasiënt, spanningsbeheer en sedasie, lokale verdowers, lokaleverdowingstegnieke, toegepaste farmakologie en voorskrif (oorsigtelik), noodprosedures. (c) Basiese mondchirurgie: Sterilisasie en ontsmetting, mondchirurgiese armamentarium, eksodonsie en verwante komplikasies, bloedingsprobleme, antrum. (d) Gevorderde mondchirurgie: Apisektomie, impaksies, elektro- en kriochirurgie, sagteweefselinfeksies en osteomiëlitis, preprostodontiese chirurgie (oorsigtelik). (e) Basiese kaak- en gesigchirurgie: Traumatologie, chirurgiese patologie, gesigspyne, temporomandibulêre gewrigsafwykings. (f) Gevorderde kaak- en gesigchirurgie: Mikrochirurgie (oorsigtelik), ortognatiese chirurgie, gesplete gesigsdeformiteite, kraniofasiale chirurgie (oorsigtelik). |
Modulekrediete | 42.00 |
Programme | |
Voorvereistes | TBW 470,ODO 470,MFP 470,PDL 470,DFA 470,OFC 470,PTK 470,GAP 470,TMZ 470 |
Kontaktyd | 2 praktiese sessies per week, 1 besprekingsklas per week, 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Aparte klasse vir Engels en Afrikaans |
Akademiese organisasie | Kaak-, Gesig- en Mondchirurgie |
Aanbiedingstydperk | Jaar |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App